Landloop
Hou bene hou! In hierdie sport leer ons kinders om te volhard want soms is dit nodig om jouself net nog bietjie verder te druk, al kramp die kuite en is die asem min. Ons hoofdoel is om ‘n liefde vir draf by elke atleet te kweek en ons is trots om te sê ons slaag hierin. Ons o/7 – o/13 landlopers se vasberadenheid, kameraadskap en groot harte waarmee hulle elke landloopbyeenkoms aanpak is vir ons ‘n riem onder die hart. Maak nie saak of ons landlopers kaalvoet of met tekkies, opdraande of afdraande hardloop nie, hulle gee met elke tree net hul beste!